Hierdie stelling van die DF impliseer dat kinders deur die verbondsdoop deur Christus aan God behoort. Maar is dit moontlik om slegs op grond van 'n verbondsdoop aan God te behoort?
Rom 8:5-9 "Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, diƩ behoort nie aan Hom nie."
In hierdie teks is die Woord selektief. Dit spesifiseer dat mense wat in die vlees wandel (ongelowige mense), nie aan Christus behoort nie. Slegs mense wat in die Gees wandel, behoort aan Hom. Nie net behoort mense in die Gees aan Christus, maar so ook deur Christus aan God.
1 Kor 3:16-23 "Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? ... Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of CĆ©fas of die wĆŖreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God."
Hierdie teks verwysing bevestig die vorige een. Rom 8:5-9 sĆŖ duidelik dat mense wat in die vlees wandel en nie in die Gees nie, vleeslik is. Mense wat in die vlees wandel is ongelowige en sondige mense (Rom 7:5), en hulle kan nie aan Christus behoort nie, en so ook nie aan God nie. Die onderskeid is dat slegs mense met die Gees in hulle aan God behoort.
In terme van die verbondsdoop is die vraag dus: Het ons die Gees van geboorte af of kry ons die Gees slegs op 'n sekere punt?
Joh 7:37-39 "En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesĆŖ: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sĆŖ: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesĆŖ van die Gees wat diĆ© sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie."
Slegs die mense wat in Hom glo sal die Gees ontvang. Let op die volgorde, eers geloof en dan word die Heilige Gees aan die gelowige gegee. Die belofte dat die Heilige Gees uitgestort gaan word aan mense, om in mense te woon, is deur Jesus gemaak voor die Gees vir die eerste keer uitgestort is.
Joh 14:12-26 "Voorwaar, voorwaar Ek sĆŖ vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. ... En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wĆŖreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. ... maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesĆŖ het."
En reeds voor Jesus gekom het is daar al in die Ou Testament dieselfde belofte aan ons gemaak, sien gerus Jes 44:3, Eseg 11:19, Joƫl 2:28-32. Hierdie belofte is dat die Heilige Gees in gelowiges sal woon. Gelowiges sal Gees vervuld wees, sien Ef 5:18 en 1 Joh 2:20,27. Dit beteken dat ongelowiges nie die Gees in hulle het nie.
Daarom moet die vraag gevra word: Is die stelling van die DF en ook die HK, dat die verbondsdoop kinders deel maak van God deur Christus korrek?
In die lig van bogenoemde verwysings, klop die DF en HK siening nie met die Woord nie. Volgens die Woord behoort slegs mense wat die Gees in hulle het aan God deur Christus. En die Gees word slegs uitgestort wanneer die persoon tot geloof kom. Iemand wie nie in Jesus Christus glo nie is nie gered nie en die bewys is omdat daardie persoon nie die Gees het nie.
Gee die verbondsdoop geloof aan die kindjie? Voorsien die verbondsdoop die kindjie van die inwerking van die Gees? Nee, dit kan en doen ook nie en daar is geen voorbeeld in die Woord van mense wie aan Christus behoort as hulle nie eers persoonlik tot geloof gekom het nie.
In terme van Punt (a) klop die DF nie met die Woord nie. Die DF leer "Ten spyte van ons kinders se sondige natuur behoort hulle in Christus aan God". Hoe? Hoe behoort hulle aan Christus? Die enigste manier is deur geloof en 'n jong kindjie kan nog nie geloof hĆŖ nie. Let asb. op dat ek nie impliseer dat so 'n kindjie nie "hemel" toe gaan as hulle sterf nie. Hulle is gered totdat hulle op die ouderdom kom waar hulle self kan kies om in Jesus te glo. In Engels staan die lering as "the age of accountability" bekend. Ek hoop om later meer hieroor te skryf.
In opsomming, geloof is nodig om aan Jesus te behoort. Die verbondsdoop wat aan klein kinders bedien word en aan hulle belowe dat so 'n kindjie aan Jesus behoort en dus gered is, is vals en gee die kindjie en ouers valse hoop. Dit is eerder Bybels om die ouers die vertroue te gee dat hul kindjies reeds sonder die doop veilig in Jesus se hande is omdat hulle verstandelik nog nie vir of teen Hom kan besluit nie. Soos enige ander persoon het elke persoon geloof nodig om wanneer hulle ouer is gered te word. Dan eers word hulle deel van die Liggaam van Christus en word deel van Sy kudde. Mense wie kies om Hom te verwerp is vyande van God al het so 'n persoon die verbondsdoop gehad, sien Rom. 8:5-8.
Ek ken nogal baie mense wie in die kerk grootgeword het en as kinders gedoop is. Die tragiese ding is dat sommige van hulle die kerk opgegee het en ek kan maar net wonder hoekom en of hulle ooit werklik in Jesus as hul Verlosser geglo het.
(Oorspronklik gepubliseer op 21/12/2010 en hersien op 30/04/2018)
0 besprekings punte:
Post a Comment