Absolute sekerheid oor jou geloof is belangriker as enige iets anders op aarde. Glo jy in die waarheid of tradisie, lerings of menings van mense? Kom ontdek saam, en leer saam waar ons oor jare heen verkeerd geleer is. 2 Tim 3:16-17 "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."

Doel

Die fokus van hierdie blog is om jou mede Afrikaner - waar jy ook al in die wêreld bly - geestelik uit te daag, jou geloof te oefen, en jou meer diepte in die Woord te bied.

Ek hoop jy sal saam met my diep duik in die Bybel om die Woord van God toe te laat om ons harte oop te kloof deur die tweesnydende swaard van die Woord. Die doel is om die Woord en die Heilige Gees toe te laat om ons lewens te verander sodat dit wat nie van ons Here is nie, uitgesny kan word en ons skoon gemaak kan word tot eer en heerlikheid van ons Verlosser.

Hebr. 4:12 (Afr1953) "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."

Daarmee wil ek jou dan vra: Wat glo jy? Wat is jou geloof? Hoe sien jy die Bybel? En glo jy in Jesus as jou Verlosser?

In alles moet jy onthou dat daar net een absolute waarheid in hierdie wêreld is, en dit is die Woord van God. Die Woord van God is histories korrek, die enigste boek ter wêreld wat homself met meer as 1300 profesieë oor toekoms gebeure waarmerk en dit is absoluut relevant in die moderne eeu. Ek los jou met die volgende vers.

2 Tim. 3:16-17 (Afr1953) "16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."

Groete in Jesus liefde

Andre

Sleutel Boodskappe

Copyright © 2 Tim 3:16 - Wat glo jy? | Powered by Blogger

Design by Anders Noren | Blogger Theme by NewBloggerThemes.com